Baie welkom by my Joernaal.
Ek is Christa Klinck, ‘n Senior Chata Romano Voorkoms konsultant wat persoonlik deur Chata opgelei is.
Vir my is hierdie “blog” of Joernaal ‘n droom wat waar geword het. My eie mode en styl kuier plek waar gewone vroue soos ek en julle wenke en raad kan kry om goed te lyk en te voel, ongeag jou ouderdom, figuur, inkomste of beskikbare tyd.
Ek het uitgevind dat tyd en geld min te doen het met styl en hoe jy lyk. Kennis en die regte keuses speel ‘n baie groter rol. As beroepsvrou met ‘n besigheid, drie woelwater seuns en ‘n man verstaan ek die eise wat aan vroue gestel word en dat tyd ‘n luukse komoditeit is.
My Joernaal sal daarop gerig wees om alle vroue van praktiese wenke te voorsien sodat jy die beste styl en mode keuses kan maak. Ek sal hier ook inligting gee oor werkswinkels en vir julle van my “make over’s” wys.
Ek hoop dat julle heerlik saam met my hier sal kuier en dat ‘n besoek altyd van waarde sal wees.
Tot volgende keer.
Groete
Christa